Summer sale

let me see those dealssee deals
+

Peri-Peri Plathoendertjie

By Mandy  

August 18, 2018

Die Peri-Peri hoender is 'n treffer, bedien met pietersielie-aartappels en slaai vir 'n heerlike ete.  

  • Cook: 1 hr

Ingredients

1 groot plaashoender

PEKELMENGSEL:

250ml vars appelsap

62.5ml growwesout

250ml fyn ys

80ml bruinsuiker

500ml koue water

BRAAISOUS:

62.5ml olyfolie

1 groot toeritsplastieksak

200ml peri-peri-bedek-en-kook-sous

Directions

1Koop 'n vars plaashoender, sny die rugstring uit en druk die karkas plat met jou oop hand.

2Plaas oornag in 'n appelpekelmengsel voordat dit op die braaivuur gaargemaak word.

PEKELMENGSEL:

1Meng die appelsap, water, sout en suiker in 'n groot beker.

2Plaas ysblokkies in 'n skoon afdroogdoek, bind op en slaan fyn.

3Meet 'n koppie vol en gooi by die res van die bestanddele.

BRAAISOUS:

1Plaas die hoender in die plastieksak.

2Gooi die pekelmengsel oor en rits toe.

3Laat staan oornag in die yskas.

4Klad droog en verf aan albei kante met olyfolie.

5Braai tot halfgaar en begin dan die hoender met die peri-peri-sous verf.

6Draai af en toe om tot gaar.

7Voeg orige olyfolie by sous.

8Verhit en gooi oor die gaar hoender.

00:00

1 Review

Meat Braai Ideas – Braai Culture

September 19, 2018

[…] Try this: Beer can chicken, Peri-Peri Plathoendertjie (spatchcock) […]

This entry was posted in . Bookmark the permalink.

For tjop tips, braai specials & recipes

Your'e subscribed!

WhatsApp chat